Binne in die huis staan die werk nie stil nie. Vandag
het die blou draad verskyn, en aan dit is die "fibre optic"
vir die internet. Ons internet en foon is "in progress".
Ons huis moet 3 verskillende "features" he, soos voorgeskryf
deur die "covenant" vir die area waar ons bou. Die voorkant
van die huis moet ge"render" word, die kante mag "bag and
paste" wees of "render", en ons het gegaan vir die goedkoper
"bag and paste" opsie. Dis baie makliker om weer te verf en
die onderhoud is goedkoper. Ons het 'n ekstra "feature" ingewerk.
Ons het gehou van sierstene, het het besluit om die voorste
muur, regs van die voordeur, in sierstene te doen, om so bietjie
uit te staan. Ons kon nie wag om te sien hoe die stene gaan lyk
wat ons gekies het nie, en ons was vandag baie opgewonden om
die resultaat te sien. Presies wat ons wou he!!!!
Die sierstene van naby ...
Die kragboks is nou in die muur ingebou en staan nie
meer op 'n stokkie nie.
Aan die bure se kant, steenwerk is voltooi.
Bokant die vensters word nie stene gesit nie, dis
heeltemal te swaar, so hier word "cladding" gesit, die
derde "feature" van die huis.
Ons wag geduldig dat dit gedoen word.
No comments:
Post a Comment