Soos almal wat al voorheen gebou het weet, is bou nie
'n goedkoop storie nie. En elke dingetje wat jy ekstra
wil he, is 'n "variation", wat aan die sak ruk.
Die bouers gee aan jou 'n "colour selection" boek, en uit
'n beperkte keuse, moet jy jou huis volgens jou smaak
ontwerp. Die kaste se keuses was baie beperk, en daar was
slegs 4 keuses vir die "ceaserstone bench". Wit ... swart ..
so 'n kapoenerige kleur (jig!!!), dan chocolate. Die donker
kleure maak dit nie vir my nie, en die kapoen ene is nie eers
'n opsie nie. Omdat ons bang is vir 'n donker kombuis (ons
ou huis was pikdonker, en ek moes altyd die ligte aanskakel.
So vermy ek soveel as moontlik te donker kleure.
Die beste opsie vir 'n blad was wit (nie my gunsteling, maar
uit die beperkte keuse, die gunsteling. Ons het besluit om
die donker hout kaste onder te gebruik, en bo is die ligte kleur.
Natuurlik is dit 'n "variation" om 2 kleure te gebruik, maar
dit was deur en deur die moeite werd.
Onthou ook, die keuse van kaste en blad, moet dwarsdeur
die huis gebruik word, so ons moet dit ook in die waskamer en
badkamers gebruik. Ons het besluit om met die teels te speel,
sodat dit nie eentonig is nie, maar dat daar tog varasie is. Hou
die volgende "posts" dop vir die teels.
No comments:
Post a Comment