Die teelwerk neem sowat 'n week, en ons is baie tevrede
met die resultaat. Ons kan nie so gereeld foto's neem nie, want
die huis word nou deeglik toe gesluit, so ons moet mooi beplan
om die teelwerk te kan afneem.
Hieronder is die ensuite, met die "feature wall" in mosaic gedoen.
Dieselfde teel word ook om die bad gedoen. Hierdie "feature" teels
dien ook as "splashback" in die kombuis. Die teels het 'n silwer
skynsel, en ons het besluit dat ons wit "grout" wil tussenin sit, anders
is dit dalk te donker.
Die seuns se badkamer, met die "feature wall" van die stort,
en voor die bad. Die stort kry net 'n "screen" wat op die bad se
rand rus, met geen deur nie.
Die teels van die kombuis na die voordeur.
Die eetkamer se teels. Ons is baie bly om te sien dat
ons "colour selections" mooi raamwerk en dat alles mooi
bymekaar pas.
No comments:
Post a Comment