Die "grout" is amper klaar, en die wit was definitief die
regte keuse. Die "feature wall" lyk nie meer soos 'n groot
spieel nie, en dit gaan mooi lyk wanneer dit skoon is en die
teelwerk klaar is.
Links is die stort, en ons het besluit om dit lig te hou
sodat daar nie te veel "feautres" is wat te besig lyk nie.
Die kinders se stort en bad. Die "grout" maak 'n groot verskil.
Die toilet se wasbakkie en teels wat nog in wording is.
Ongelukkig staan dinge nou weer stil. Die "splashback" teels vir
die kombuis was te min, en nou wag ons vir die bestelling om te arriveer
vanaf Melbourne. Alweer 'n oponthoud. Die verwer wou al vandag
begin verf het, en ons sou oor 6 weke kon intrek. Nou sal alles seker
'n week later gebeur. Maar dis nou maar bou ... altyd iets onvoorsiens wat gebeur.
No comments:
Post a Comment