Dit was 'n laaaang wag gewees!! Na die vakansie was daar
'n tekort aan voorraad, en ons moes geduldig wag vir ons
kaste om afgelewer en geinstalleer te word. Uiteindelik,
na 'n lang gewag, is ons kaste afgelewer, en het die
installeerders begin om ons kaste in te sit.
Hieronder is die foto van ons badkamer kassie, en dit pas
perfek in die spasie. Die plastiek laag vir beskerming
hang so halfmas, maar hopelik is die deure beskerm teen
krappe en skrape. Selfs die handvatsels is op hul plek, en
dis interessant om te sien hoe ons idees in werklikheid lyk.
Hier is die eerste foto van ons gaste toilet op die grondvloer.
Ek kon nog nooit 'n foto neem nie, omdat die vertrekkie te
donker is, maar met die trappe gebou en die lig wat van
buite instroom in die huis, is daar nou bietjie lig in die vertrek.
En dit waarna ons die meeste uitgesien het, die kombuis!!
Ons het 'n ligte kleur kassie vir bo gekies, anders is dit te
donker as al die kassies donker is. Hier is die mikrogolf
se spasie te sien, met links die spasie vir die yskas.
Bokant die kassies moet dit nog gepleister word.
Ek kon ongelukkig nie die hele kombuis afneem nie, die
"tradies" was nog besig. Nou is die probleem dat die huis
gesluit word, so ons kan nie meer kom en gaan soos ons
wil nie. Ek sal wel tyd kry om die hele kombuis af te neem.
No comments:
Post a Comment