Ons het gister by die huis gekom, en die leer wat
ons toegang gegee het tot die 2de verdieping, was weg.
Toe pak die opwinding, want toe weet ons dat die trappe
op pad is.
Met die "scaffolding" platform weg, het die lig deur
die venster, die hele kombuis en eetkamer lig gemaak.
Dankie tog ons het genoeg lig in die huis. In ons ou huis
was die kombuis so donker, ek moes elke keer 'n lig aansit
as ek daar instap. Hierdie huis gaan nie dieselfde probleem
he nie!! Jipeeeeee!!
Vandag het ons by die huis gekom, en yippeeeee!!
Die trappe is in!!
Regs van die trappe is 'n deur, en die boonste trap word
onder toegebou om ekstra pakplek te gee.
Ons is baie tevrede, dit lyk pragtig!!
No comments:
Post a Comment