Our Family made the "groot trek" to a new country. This is our new life ....
Monday, 17 March 2014
Matte .... die einde is in sig!!
Vandag is die matte ingesit. Die laaste stap binne in die huis voordat ons kan intrek. Dit voel so sag en gemaklik onder die voete.
Gang af, van die hoofslaapkamer na die kinders se kamers in die verte.
En so kom al ons kleurskemas bymekaar. Die mure, matte, teels ... alles pas mooi bymekaar.
Die uitsig na die kombuis van die trappe af. Die huis is nou bietjie skoongemaak, afgevee, ge-stofsuig en lyk nie meer soos 'n bou "site" nie.
Noudat die matte in is, wag ons dat die "driveway" gedoen word.
Die 22ste Maart is ons "pre-settlement", dan loop ons deur die huis saam met die projek bestuurder en alles waarmee ons (en hy) foutvind, word met 'n blou "sticker" gemerk, en dan het die "tradies" 'n week om terug te kom en alles reg te maak.
No comments:
Post a Comment