Ons het nooit gedink dat ons sal moet 'n "skans"
bou om die golfballe weg te hou van ons patio af nie.
Saam met die "landscaper", het ons op 'n plan besluit,
en hier is die werk in wording. Ons kan nie op die patio
ontspan en dalk met 'n golfbal teen die kop getref word nie.
Natuurlik kan al die "tradies" wat aan ons huis gebou
het, baie stories vertel van golfballe. Terwyl die "carpenter"
ons muur gebou het, het 'n golfbal hom getref.
Die "skans" teen die golfballe wat die patio bietjie
toemaak en beskerming bied teen vlieende aanvalle
vanuit die lug
.
Die finale produk ... gister se harde werk en 'n kombinasie
van oud en nuut. Die twee "lollipop trees" aan weerskante
van die "water feature" kom nog van ons ou huis af, en die
plante bo op die "water feature" is nuut. Binne in die water
is daar waterlelies. Ons het besluit om ons eie "pond" te maak,
en ons sal volgende week gaan vissies koop om die "pond"
skoon te hou.
'n Veilige skans teen die golfballe ...
Die finale produk ... miskien 'n paar ornamente om
op die onderste muurtjie te pak .. miskien 'n groen
padda of twee om bietjie kleur te gee, of 'n pienk uil
om by die potte te pas.
No comments:
Post a Comment