Friday, 6 June 2014

Besoekers in ons tuin

Ek stem saam ... ek was baie stil die laaste tyd.  Noudat die
bouwerk agter die rug is, kan ons net ons nuwe huis geniet.

Een van die areas wat ons beslis baie benut, is die lieflike
patio, wat uitkyk oor die golfbaan.  Ek is nou nie 'n golf liefhebber
nie, maar wat vir my die groot plus is, is dat ons uitkyk oor die
pragtige bome, die groen gras van die golfbaan, en net die
rus en stilte kan geniet.

Ons kry nou gereeld besoekers, omdat ek daarvan hou om die
voels te lok met saad en om hul dop te hou.  Ek het nog altyd 
'n groot liefde gehad vir voels. Ek het as tiener 'n kokketiel gehad
wat op my skouer gesit het, en my gereeld op die naam gegroet het.

Ek het my oe uitgehuil toe ek as jong getroude 'n "lovebird" aan
die dood moes afstaan, en hier in Ozland, het ons nie voels in
'n kou nie, nee, hul vlieg hier wild rond, en ons lok hul na ons tuine
om hulle te geniet.

Hier is 'n foto van 'n "Magpie", 'n baie berugte voel van Ozland, 
omdat hul met broeityd al wat leef en beef "sweep", wanneer jy
dit te naby aan hul nes waag.  "Magpies" is egter baie slim voels,
en al wanneer hul hierdie gedrag toon is wanneer mense in die
verlede hul neste beskadig het.  Daarom dat hul nogal erg besig
raak in die lente, en almal met sambrele rondloop, of oe op hul
fiets helmits verf om die voels weg te hou.

Maar die ander kant van hierdie "magpies" is dat hul baie vinnig 
leer wie hul kan vertrou, en sommer uit jou hand uit eet.  Hier is
een van ons gereelde besoekers, besig om die stukkies ham wat
ek vir hul voer uit te soek in die gras.

Wanneer ek die kombuis se "blinds" oopmaak in die oggend, vlieg
hy/sy reg op die kombuis af, en wag dat ek vir hom/haar kom kos
gee. Een van hulle het omtrent al bo op my voet geland, in sy
soeke na kos.


Hier is 'n "Pale faced Corella", en sy kom soek net saad.  Ek het
gedink dis net 'n pragtige geel budjie, aar die Corella's is groter,
met die mooiste, helder kleure.  Die paartjie wat ons gereeld
besoek, het 'n rooi kol onder die stert.


Hier is 'n "butcher bird", kleiner as die "Magpie", maar
behoort aan dieselfde familie.  Hul is bietjie skamer, en
kan swart of bruin wees.  Hulle sing ook 'n mooier deuntje
as die "magpie".


Ons eerste waterlelie het opgegaan in die "pond", en nou
het ons ook 'n pragtige pienk lelie waaronder die vissies
wegkruip.


Nog 'n besoeker, die "Pied Coorong" wat heerlik aan
die vrugte geeet het wat ek vir die voels voer.  Hier drink
hy/sy ook water uit die "pond / water feauture".

No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts