Our Family made the "groot trek" to a new country. This is our new life ....
Saturday, 7 June 2014
Tuinmaak
En so het groot dag aangebreek ...... Tyd om tuin te maak!!
Hier is al ons uitgeboekte plante afgelewer, reg vir die groot werk.
En die eindproduk .... Die bedding links van die trappies en by die posbus.
Ons keuse is 'n "low maintenance" tuin, omdat hier nie baie tyd is om tuinwerk te doen nie.
En wanneer die warm somer toesak, moet jou plante kan oorleef in die hitte, veral as dit 'n droee somer is ... wat ons al so 3 keer beleef het in die amper 6 jaar wat ons in Ozland woon.
Blommetjies oorleef nie in die hitte nie, so ons moes speel met die verskillende soorte kleure van struike en randplante, sodat die tuin darem nie net groen is nie.
Ons palm, 2 strelitzias aan die kante, en klein "Rhoeo pink" wat 'n klein struikie is, maar soos 'n grondbedekker jou hele bedding bedek.
Die kan van ons erf. Omdat die motor hier moet verby in die garage, het ons struike gekies wat net op groei, en nie rond en wye word nie. Die lang plante is "Draceana colourama", en die silwer groen plant is "Sansevieria silbersee".
Aan die ander kan van die trappies, het ons 2 palms geplant, in die middel 'n pot met pragtige wit blomme. Die blomme is die enigste plante wat ons oor 2 jaar moet vervang, en dis maklik om te doen.
Heel voor en agter is daar "Nadina obsession" geplant, om die pot is daar "Doryanthes sp", en rondom is daar "Liriope Stripey White" en 'n mini "Mondo grass border".
Agter langs die voordeur is die yukkas wat ons van ons ou huis af saamgebring het, net oorgeplant in nuwe groen potte wat pas by die groot pot in die middel van die nuwe tuin.
Al wat nou kort is "mulch". Maar ongelukkig lyk die "mulch" net soos die grond, so ons het besluit om liewer klippies te kry om die beddings mee vol te maak en af te rond.
Dis nog 'n moet he in Ozland, ander word die vog te gou uit die grond getrek, en kry die plante swaar in die hitte.
No comments:
Post a Comment