Saturday, 7 June 2014

Tuinmaak

En so het groot dag aangebreek ...... Tyd om tuin te maak!!

Hier is al ons uitgeboekte plante afgelewer, reg vir die groot
werk.


En die eindproduk ....  Die bedding links van die trappies
en by die posbus.

Ons keuse is 'n "low maintenance" tuin, omdat hier nie
baie tyd is om tuinwerk te doen nie.

En wanneer die warm somer toesak, moet jou plante kan
oorleef in die hitte, veral as dit 'n droee somer is ... wat ons
al so 3 keer beleef het in die amper 6 jaar wat ons in Ozland
woon.

Blommetjies oorleef nie in die hitte nie, so ons moes speel
met die verskillende soorte kleure van struike en randplante,
sodat die tuin darem nie net groen is nie.

Ons palm, 2 strelitzias aan die kante, en klein "Rhoeo pink"
wat 'n klein struikie is, maar soos 'n grondbedekker jou hele
bedding bedek.

Die kan van ons erf.  Omdat die motor hier moet verby in
die garage, het ons struike gekies wat net op groei, en nie
rond en wye word nie.  Die lang plante is "Draceana colourama",
en die silwer groen plant is "Sansevieria silbersee".

Aan die ander kan van die trappies, het ons 2 palms geplant,
in die middel 'n pot met pragtige wit blomme.  Die blomme
is die enigste plante wat ons oor 2 jaar moet vervang, en dis
maklik om te doen.


Heel voor en agter is daar "Nadina obsession" geplant, om die
pot is daar "Doryanthes sp", en rondom is daar "Liriope
Stripey White" en 'n mini "Mondo grass border".

Agter langs die voordeur is die yukkas wat ons van
ons ou huis af saamgebring het, net oorgeplant in nuwe
groen potte wat pas by die groot pot in die middel van die
nuwe tuin.

Al wat nou kort is "mulch".  Maar ongelukkig lyk die
"mulch" net soos die grond, so ons het besluit om liewer
klippies te kry om die beddings mee vol te maak en af te
rond.

Dis nog 'n moet he in Ozland, ander word die vog
te gou uit die grond getrek, en kry die plante swaar
in die hitte.

Dis nou volgende naweek se projek. ....

Wat dink jy van ons nuwe tuin?

No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts