Vandag het ek en Leon ingegaan stad toe vir ons 1e afspraak vir ons volle mediese ondersoek vir ons ENS visa.
Hier werk dit bietjie anders. Ons moes 2 afsprake maak vir die mediese ondersoek. Ons vorms word nagegaan en ‘n foto word geneem, en sommer elektronies aangeteken. By die eerste suster word ons bloed getrek vir die AIDS toets, en sy kliek net op ons name op die rekenaar, en daar verskyn ons fotos, en weet sy dis die regte mense wat by ontvangs betaal het en die vorms ingehandig het.
Dan neem ‘n ander suster oor en sy meet en weeg jou, toets jou oë en doen ‘n urine toets. Daarna word die x-strale geneem. Dit was nie vir ons nodig daarvoor nie, omdat ons dit reeds 7 maande terug in SA gedoen het, en die resultate is vir 12 maande geldig. Tensy die CO (“case officer”) besluit hy dink dis nodig dat dit weer gedoen word.
En was hulle besig!! Staan in ‘n lang ry en wag om gehelp te word, en dan sit jy weer en wag tot jy geroep word. Dis suster sê sy trek ongeveer 250 mense se bloed weekliks vir visa aansoeke. Ongelooflik!
Volgende Maandag is dit die mediese ondersoek deur die dokter, en dan het hy reeds die bloedtoetse se uitslae, en al die ander inligting wat die suster reeds aangeteken het. Ek glo dit gaan sommer vinnig wees by die dokter.
Ek en Leon het met die trein ingery stad toe, en na die tyd het hy my weer begelei tot by die regte platform en gesien dat ek in die regte trein klim. Volgende keer sal ek definitief self kan “uitfigure” watter platform en watter trein om te haal. Kinderspeletjies vir die ozzies wat dit van jongs af doen, bietjie meer “challenging” vir my wat moes staatmaak op my eie vervoer en laas as kind in Suid-Afrika trein gery het.
Ongelooflik om te sien wat die mense alles op die trein doen. Een dame het baie bleek op die trein geklim, haar “make-up” sakkie langs haar uitgepak, en begin met haar roetine. Toe ons afklim by “Central station”, toe herken ek haar skaars!! Moet sê, dit het haar ‘n volle 25 minute gevat om te grimeer. Seker maar versigtig dat die mascara borsel nie in haar oog beland nie! Was dit nou ek het ek net 2 minute vroeër opgestaan!!
Our Family made the "groot trek" to a new country. This is our new life ....
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
3 Day lockdown
We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm. Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...
Popular Posts
-
My broer, Martin, het vir my 'n e-mail gestuur met fotos van hoe die paaie om die OR Tambo lughawe lyk, versier met vlae. Dit lyk beslis...
-
We love the Sunshine Coast. Beautiful beaches, amazing views and there is always a buzzzzz! This is as close to paradise as you can get. ...
No comments:
Post a Comment