Genoeg is genoeg!!! Ek het besluit ek is moeg om te stres oor alles wat nog gedoen moet word voordat ons weer voel ons lewe is op “track”.
Ek het besluit ek gaan nou my leerlinglisensie kry, “by hook or by crook, by hell or by fire!!”. Dit moet nou gedoen word!!!
Ek moet my alie in rat kry, die boek vat en begin leer, en nog so ‘n paar aanlyn oefeninge doen, sodat ek voorbereid is vir die toets! Hierdie ma gaan dit nie weer oor doen nie!!
Ek het gisteroggend baie gedetermineerd opgestaan, die boek gegryp, en in die sitkamer, weg van die geraas van die kinders se DVD’s, gesit en “swot”. Natuurlik moes die ding my gryp in die vakansie, maar ek het besluit om deur te druk, die “kiddies” moet maar bietjie hulself vermaak.
Vanoggend het ek opgestaan met ‘n wil van my eie, aangetrek, en Kippa-Ring toe gery om te gaan skryf. Daar gekom, besluit jy watter blokkie op die skerm om te druk, vat jou nommer en gaan sit en wag tot jy geroep word. Daar is maar baie vlinders in die maag!!! Dis nie grappies om nadat jy al vir 22 jaar jou lisensie het, weer van vooraf te moet begin nie.
Uiteindelik word ek geroep, en die dame is te vriendelik. Gesels en verduidelik ‘n paar keer vir my dat as ek ‘n vraag nie verstaan nie, ek net vir haar moet kom vra om dit vir my te verduidelik. Baie nice! Ek gaan sit toe sommer daar in die wagkamer by ‘n tafeltjie, en begin skryf. Maklik man, baie maklik, net soos die oefeninge op die internet.
Daar is so 1 vragie waarvan ek nie seker is nie, nommer 27, maar ek besluit om te raai, en hoop dis die regte een. Toe ek klaar is staan ek daar rond en wag tot ‘n toonbank oopgaan, en gee vir die dame my vorm om te merk. En ........... 100 %!!! Nie eers 1 verkeerd nie, so ek het reg geraai met nr 27!!!
So maklik soos dit. Geen afspraak nodig nie, en toe my toets gemerk is en ek “pass”, neem sy dadelik ‘n foto. Sommer net so met my deurmekaar gewaaide hare. En 2 minute later het ek my “Learners Licence” in my hand.
Dog ek gaan net so ‘n papiertjie kry soos ek 23 jaar terug in SA gekry het vir my “learners”, maar hier werk dit toe nie so nie. Sou seker as ek dadelik my bestuurtoets gaan doen het, maar ek sal maar eers weer myself goed moet motiveer voordat ek dit aanpak.
Nou nog net die bestuurtoets!!!
En so tussen al die vlinders deur en die stress, het ek gou al ons dokumente wat nodig is vir ons 856 ENS visa aansoek, vir die agent in Sydney gekourier.
Our Family made the "groot trek" to a new country. This is our new life ....
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
3 Day lockdown
We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm. Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...
Popular Posts
-
My broer, Martin, het vir my 'n e-mail gestuur met fotos van hoe die paaie om die OR Tambo lughawe lyk, versier met vlae. Dit lyk beslis...
-
We love the Sunshine Coast. Beautiful beaches, amazing views and there is always a buzzzzz! This is as close to paradise as you can get. ...
5 comments:
Congratulations! Its so nice to just get these things out the way. I went for a few driving lessons before the test and I think it was good because I had a lot of bad habits. Let us know how the driving test goes!
Baie geluk jong!
Ek hou baie van jul blog. Ons plan is ook om oor 2-3jr Os toe te verhuis, en dit is baie lekker om deur julle oe meer van die nuwe land te leer.
Ek sien dit lyk of jou kidz dit baie geniet. hoe lank is jul nou al daar en hoe is die aanpassing?
O,ja,- my naam is Mariette...:-)
Thanks Sheryl!!
I also want to go for a few lessons, just to get rid of some of those bad habits! Will let you all know when I go and how it was.
Hi Mariette
Dankie vir jou gelukwense.
Ek is bly jul geniet die blog! Ons is nou amper 7 maande hier en die kinders is ongelooflik gelukkig. Se hul wil nie eers teruggaan vir 'n vakansie nie. Ons het nie gedink hul sal so vinnig inpas by die ozzie leefwyse nie. Kinders is regtig baie aanpasbaar, dis definitief weer deur my 2 bewys.
Post a Comment