
Vandag skryf ek my “Independent Second Language Profisciency Rating” toets.
Ek kon kies tussen die IELTS "Academic", of die bg. toets. Die ISLPR toets is spesiaal vir onderwysers, en die vrae is gerig op onderwys. Ek hoef net die "reading" en die "writing" gedeeltes te gedoen het, omdat ek alreeds die "listening" en die "oral" gedoen het vir die "General" IELTS eksamen. Ek het belsuit dis baie makliker om net 2 afdelings te doen, as om weer die hele IELTS eksamen oor te doen. Indien ek nie die voorgeskrewe 4 kry vir die 2 afdelings nie, kan ek net altyd die 1 doen waarin ek "gedruip" het. Die "rating" werk op 'n skaal van 1 tot 5, en ek moet 4 kry om as onderwyser te kwalifiseer.
Die "reading" was baie maklik gewees. Ek het 4 verskillende leesstukke gekry, wat ek moes lees, en dan vir die eksaminator moes vertel waaroor dit gaan. Hy het ook enkele vrae vir my gevra, maar ek kon die antwoorde opsoek in die leesstuk, soos 'n oopboek toets.
Vir die "writing" gedeelte moes ek 2 stukke skryf. Die eerste een vir 150 woorde was 'n briefie wat ek vir die hoof moes skryf, om 'n vergadering te reel met 'n kind se ouers oor haar gedrag in die skool.
Die 2de stuk wat ek moes skryf, was 'n brief van 250 woorde. Dit moes wees aan die hoof van 'n skool, om hom te oortuig dat Afrikaans as 2de taal moet aangebied word in die skool, omdat daar soveel Arikaanse kinders uit Suid-Afrika in die skool is.
Dit was regtig nie moeilik nie, en ek moet nou 7 werksdae wag vir die uitslag. Sal jul laat weet wat die uitslae is as ek dit kry. En dan kan ek hopelik my onderwysersregistrasie afhandel.
No comments:
Post a Comment