Nadat ons ons vorige kamp moes afstel weens reën, was ons baie opgewonde om hierdie naweek te gaan kamp. Ons kon nou al ons nuwe kampeertoerusting gaan inwy.
Ons het saam met vriende gaan kamp, en na deeglike beplanning sou ons voor donker by “Drifters Holiday Village” arriveer. Ons het nog glad nie ons tent opgeslaan vir ‘n oefenlopie nie, want ons erf is te klein om in te kan oefen, so ons wou in daglig arriveer vir die groot kamp opslaan. Natuurlik was ons nie so gelukkig nie. Die “Bruce Highway” was ongelooflik besig, en ons het die grootste deel van die tog teen slakkegang beweeg. Waldo het die GPS dopgehou, en natuurlik die horlosie, en vir ons uitgesaai dat ons net 1 kilometer in 10 minute gery het. Hy was baie ongelukkig, en ek en Leon het besef dat ons nooit voor donker die kampplek gaan haal nie.
Ons het toe na donker daar aangekom, en het dadelik die krag gekoppel en darem ‘n lig gehad waarin ons die “manuel” kon bestudeer.
Glo my, in die donker het dit anders gelyk as in daglig!!
Jacques en Rone het so 45 minute na ons daar aangekom, uitgepak en begin tent opslaan. Elke keer as ek en Leon kyk, is hul verder as ons. Kyk, die mense is ge”organise”. Maar natuurlik is dit nie hul eerste kamp nie!! Toe Jacques-hulle ge”settle” is, het hy Leon gehelp om die laaste tentpenne in te slaan en toue styf te trek, en uiteindelik het ons tent ook gestaan en het ons geweet ons het darem slaapplek vir die aand.
Maar uiteindelik het ons tent gestaan, en kon ons ontspan en begin aandete maak, want teen daardie tyd was die kinders (en ons!!) woes honger gewees. Hier is ‘n paar fotos sodat julle kan sien ons het regtig gekamp, en ons was baie “impressed” met ons tent. Heerlik ruim en groot genoeg vir ons gesin, en om die 2 seuns uit mekaar se hare te hou.
Die oppak was natuurlik vet pret, en groot werk. Nou verstaan ek hoekom mense so maand of 3 wag voor die volgende kamp. Dit gaan ons die res van die week van om te herstel!!!
Maar ek glo die volgende kamp gaan ons meer “getrain” wees, en nie meer te veel soos groentjies voel nie.
Leon maak seker die "tarp" is ordentlik gespan vir koelte oor die 2 tente.
Met sy Ozzie hoed langs die swembad, en Alrich in die agtergrond.
Waldo geniet die koue water
Links is Jacques en Rone, in die middel agter is Elmari en regs is Leon.
Die 3 manne, Jacques, Jan en Leon
Ons tent is regs, en links is Jacques en Rone se "huis"
Speel kaarte in die donker
Ons uitspanplek vir die naweek
2 comments:
Kyk daar is altyd 'n eerste keer vir alles, maar so lank mens dit net geniet, en mens kan sien julle het dit geniet. Ons wag ook vir die winter so desember,- januarie se kant dan wil ons ook die kamp ding hier in die woestyn probeer.
lekker week!
Ek is seker julle gaan dit geniet. Dis baie anders as om in 'n chalet of rondawel te bly, maar ons het dit regtig geniet.
Post a Comment