Thursday, 30 April 2009

Mediese ondersoek - klaar maar waar??

Ons het Maandag ons volle mediese ondersoek gehad, en moes weer x-strale laat neem. Omdat ons dokter toe moet wag vir die x-strale, het hy gese ons moet die utslae so 2 dae later kom haal, wanneer hy dit gefinaliseer het.

Die dame by ontvangs belowe hart en mond sy bel ons as dit reg is, dan kan Leon dit net gaan haal, dis 'n hanetree van sy werk af, so dis geen moeite vir hom nie. Ons hoor niks, en vanoggend bel ek gou om te hoor wanneer ons dit kan kry.

Nee, se die dame, die goed is in die pos, ons kry dit binnekort. Ek vra toe vir haar hoekom gepos? Nee, sy weet ook nie, maar dis na 51 ******* Street gepos. 51????? Wat????? Ons bly in 31!!!! Daar is nie eers 'n 51 in ons straat nie!!! Wat nou????

Nee, ons moenie "worry" nie se die dame, as dit by die verkeerde adres is, sal die mense dit net na die "sender" terugstuur, en as dit by hulle aankom, dan sal hul ons bel om dit te kom haal!!! En ........ as ons dit nie kry nie, sy het die "case number", en die immigrasie ouens kan dit net op die stelsel nagaan.

Ag genade!!! Kan iets in hierdie hele proses nie net maklik wees nie???

Nee, niks is maklik nie, als is 'n stryd, so nou bid ons die uitslae bereik HSA veilig, en dat ons dit dan veilig in ons hande kan hou.

No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts