Friday, 1 May 2009

ISLPR .... Ek het dit geslaag

Gister kyk ek gou wat is in die pos, en amper gaan staan my hart toe ek sien my ISLPR uitslae is in die posbus.

Wow, ek het dit eers volgende week verwag, en hier voor die langnaweek kry ek 'n verassing. My hart klop in my keel .............. my bloeddruk styg ........... stadig maak ek die koevert oop en spring amper 2m in die lug.

Yippeeeeeee!!! Ek het dit - 4+!!!!! Nou kan my onderwysersregistrasie gefinaliseer word. Uiteindelik!!!

Ek is trots op myself!!! 4+ uit 5 is glad nie sleg vir 'n boere"girl" nie!!

Om in Australie te wees, beteken om alles in jou lewe oor te doen, en ek het nooit gedink op 40 sal ek weer moet lisensies oorskryf en eksamens skryf nie. Mens verbaas jouself, want jy besef weereens dat : Waar daar 'n wil is is daar 'n weg!!"

3 comments:

sandvlooi'e said...

Baie geluk jong! Ek kan net dink dat dit iets is wat mens se bloed druk kan laat styg.... nou ja daar is 'n nuwe deur vir jou oop. geniet die vryheid wat saam dit gaan...

groete.

****************************************** said...

Dankie!! Elke dingetjie wat mens kan aftiek op die lys van "what to do's", maak die lewe makliker. En stadigaan bereik jy jou doelwit.

Mirna said...

Ek het jou al geluk gewens maar wil net jou herhinner: dit is nog 'n mylpaal bereik so jy kan dit van jou lysie aftick! So word die 'to do list' korter en ander beter doelwitte meer! Vakansies en avonture!

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts