Vandag was 'n goeie dag!!
Behalwe dat ek nou al 2 dae voltyds werk as "teacher aid", en doodmoeg is na 'n dag se werk met "Special Ed" kinders, kon ek vanmiddag opgewonde die pos uithaal en van vreugde ronddans toe ek 2 posstukke ontvang het:
1. My Registrasie nommer as onderyser in Queensland (na 6 maande!!!)
2. Ons mediese ondersoek se geseelde uitslae!
Ek het amper elke dag HSA gebel om te vra of ons uitslae nie teruggestuur is nie, maar elke dag die teleurstellende antwoord gekry dat dit nog steeds nie teruggestuur is nie. Vanmiddag toe kry ek die koevert in die pos. Die nommer 51 is uitgekrap, en iemand het met 'n pen langs die kant geskryf: "Try number 31". En hulle het reg "getry"! Dankie tog, my gebede is weereens verhoor.
Stadig maar seker begin dinge in plek val. Ek kan weer juffrou wees vir 'n klomp stout, ongehoorsame kinders wat skool haat, en wat so diep in mens se hart kan kruip. En uiteindelik kan ek rustig slaap want nou is al ons papierwerk vir ons 856 visa gereed om ge"lodge" te word. Ons wag net vir Leon se "skills assessment". Hopelik nie langer as 3 weke nie. Ons is darem al halfpad met die gewag! Hoop nou net nie dit vat langer nie, want enige iets is moontlik.
Our Family made the "groot trek" to a new country. This is our new life ....
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
3 Day lockdown
We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm. Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...
Popular Posts
-
My broer, Martin, het vir my 'n e-mail gestuur met fotos van hoe die paaie om die OR Tambo lughawe lyk, versier met vlae. Dit lyk beslis...
-
We love the Sunshine Coast. Beautiful beaches, amazing views and there is always a buzzzzz! This is as close to paradise as you can get. ...
2 comments:
Ek raak sommer opgewonde saam met jou. Ek is so bly jy blog oor die dinge, want nou weet ons ook wat om te verwag wanneer ons daar kom en ook deur die 'pr' proses gaan.
Ons 'tra' is darm al klaar gedoen en aanvaar deur die ausies... so dit is nou nog net die ander dinge,-soos die 'meds' en 'ielts'! en natuurlik 'n werk's offer op die regte plek,en op die regte tyd....:-)
Lekker week
Mariette
Dankie!! Ek is bly dit gee jou bietjie inligting van wat om te verwag.
Ek is seker die werk sal op die rege tyd en regte tyd sy opwagting maak. Glo en vertrou!!! Ons is getuienis daarvan.
Lekker week vir jou ook!
Post a Comment