Van Donderdag, 7 Mei, werk ek voltyds vir 6 weke as "teacher aide" by 'n skool in Clontarf. Ek begin al 8 uur werk, so ek het nie geweet wat op aarde ek met die seuns gaan maak nie. Hul skool begin eers 8:50.
Na lang beraadslaging het ek en Leon besluit dat ons die 2 "manne" genoeg sal moet vertrou om in die oggend self op te staan, ontbyt te eet, aan te trek en betyds busstop toe te loop, sodat hul soos die meerderheid Australiese kinders kan busry skool toe. Leon het vir elkeen 'n Go-card gaan koop. Dit lyk soos 'n bankkaart, jy laai geld daarop, en as jy op die bus, trein, "ferry" of "citicat" klim, dan is daar 'n konsole waar jy met jou kaart raak. As jy afklim raak jy weer daaraan en die geld word outomaties afgetrek vir elke rit.
Hulle is baie trots om elkeen hul eie kaart te kan gebruik, en elke oggend het ek nog 20 opdragte van wat hul moet doen, wat hul nie moet vergeet nie en nog so klomp ander dinge wat ek bang is hulle vergeet. Die tweede oggend toe ek begin om te noem wat hul alles moet onthou, toe hak Waldo so ewe af en se: "mamma, ons het ons eie "checklist" wat ek en Alrich in die oggend "check" om seker te maak ons het alles gedoen!" Wat hulle nou alles aftiek op daardie "checklist" weet ek nie, ek is te bang om te vra. Miskien beter om hul maar te vertrou en te sien hoe hulle hierdie nuwe vryheid en nuwe treetjie na selfstandigheid hanteer.
Ek het nog elke middag in die huis gekom en dan was al die deure gesluit, venster toe en kamers netjies soos wat ek gevra het. So tot dusver het hierdie eksperiment baie goed gewerk.
Glo my, vir 'n ma uit Suid-Afrika wat my kinders nooit alleen iewers heen laat gaan het nie, was hierdie 'n "challenging experience" gewees. Maar een van die dinge wat my dadelik opgeval het toe ons hier aangekom het, was al die kinders wat in massas opruk skole toe in die oggend. Op fietse, "scooters", skaatsplanke en saam met ouers op fietse. Selfs die seuns se monde het oopgehang. Hul het dit nooit in SA gesien nie, en dit was vir hulle 'n vreemde gedoente. En nou is hul deel van daardie vreemde gedoente was self by die skool kom, sonder ma se hulp.
Wat 'n wonderlike land - ek kan ons kinders met 'n geruste hart laat busry skool toe, en ek weet hulle is veilig.
Natuurlik bel ek nog elke oggend as ek by my werk stop om te hoor of hul nog ok is!!! Onthou, ek kom uit Afrika!!
Our Family made the "groot trek" to a new country. This is our new life ....
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
3 Day lockdown
We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm. Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...
Popular Posts
-
My broer, Martin, het vir my 'n e-mail gestuur met fotos van hoe die paaie om die OR Tambo lughawe lyk, versier met vlae. Dit lyk beslis...
-
We love the Sunshine Coast. Beautiful beaches, amazing views and there is always a buzzzzz! This is as close to paradise as you can get. ...
2 comments:
Wanneer mens uit 'n land soos Suid Afrika kom -kan mens nie dink dat mens ooit so iets aan jouself en jou kinders kan doen nie, maar my neefie hulle is ook nou daar in Aus en sy vroutjie moes ook nou begin werk, en selfs sy se die kinders geniet die vryheid maar sy noem ook dat daar 'n nuwe selfstandighieds sin saam die seuns gekom het.
En dit is mos lekker as kinders kan kinders wees en fiets ry, skaats en ja selfs bus ry- en dit als in veiligheid.
Geniet die week en lekker werk.
groete!
Dis so waar. Ek dink een van die grootste geskenke wat mens jou kinders kan gee is vryheid en selfstandigheid, toegepas met verantwoordelikheid.
Lekker week vir jou ook!
Post a Comment