Friday, 19 June 2009

"Swine flu"

Vanoggend op pad werk toe, hoor ek oor die nuus dat daar nou al 195 gevalle van "swine flu" in QLD is. Skielik klim die getalle, en mens hoor gereeld oor die nuus van nog 'n skool wat vir 7 dae gesluit is, omdat iemand in die skool positief getoets is vir "swine flu". Almal by die skool waar ek werk spot lekker. As jy net 'n hoesie het of 'n tissue uithaal, wil hul weet of jy "swine flu" het, sodat die skool ook kan sluit en ons op 'n lekker laaaang vakansie kan gaan. Maar helaas, niemand by die skool het dit nie, so ons werk tot op die einde.

Ek stop vanmiddag by die kinders se skool, en ek kry 'n baie benoude oproep van Leon. "Het jy nie my sms gekry nie???? Die kinders se skool het "swine flu"!!!!"

Nee genade my man, ek het niks gekry nie. Wag, ek gaan uitvind.

By die skool, op die grasperk waar ek stop met my kar, staan ek agter Waldo se klas, en ek sien net die gesiggie by die venster verskyn, en 'n handjie wat my roep. Ek klim uit om te gaan uitvind wat aangaan, want my kinders roep my nooit, veral nie by die skool waar die maats dalk kan sien wie is hul ma nie!!! Seuns!!!!

Op pad na sy klas kry ek 'n sms van Alrich: "kom haal my, swine flu by skool". Ja-nee, die seuns het hul ma se hulp ingeroep!!

Toe ek by Waldo se klas kom, druk die meneer 'n brief in my hand, en druk 'n bord met die klasregister onder my neus. "Sign him out". En dis nogal oulik hier, want die kind se naam het 'n foto op die register, so jy teken onder jou kind se foto dat jy hom nou vat.

Dis die maklike een, nou om vir Alrich te kry in 'n skool van 2500 kinders. En ek het geen idee watse vak Alrich op 'n Vrydag die laaste periode het nie. Gelukkig sien 'n onderwyser 'n benoude ma wat loop en elke kind wat sy op pad sien, voorkeer en vra waar die gr. 8's nou kan wees. Nee, ek moet saamloop, hy kyk gou op die rekenaar waar ek hom kan kry. Hy vergesel my klas toe, en ek het darem nog 'n seun veilig onder die blad.

Herinner my aan 'n dag so paar weke gelede toe die skool moes ontruim met die verskrilike reen wat geval het. Sal my leer om 'n rooster van Alrich in my handsak saam te dra! En 'n plan van die skool!!!

Nou het die kinders 'n week langer vakansie.

1 comment:

sandvlooi'e said...

Ek wou nog 'n eier le oor hierdie inskrywing van jou ook, maar my seunie was baie siek die week so ekt by niks uitgekom nie...

wat ek wel wou se is dat - dit is nogal sceary om te dink dat 'n siekte die wereld so kan beinvloed. alhoewel ek dink die kinders dalk van hierdie idee mag hou omdat hulle lekker afkry, :-)

Maar ja - mens kan net bid en die Vader vra dat Hy mens genadig sal wees.....

lekker week

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts