Tuesday, 16 June 2009

My ma kom kuier!!!!

Verlede jaar net na ons weg is uit Suid-Afrika, het my neef (my ma se suster se seun), se vrou gereeld met my gesels met e-pos. Sy het gese dat hulle verskriklik baie "voyager miles" het om te gebruik, en dat my neef wil kyk of hy vir my ma 'n kaartjie kan kry vir Australie sodat sy kan kom kuier.

So het 'n paar maande verbygegaan en ek het niks weer gehoor van die kaartjie nie. My ma het die 9e April 70 geword, en die naweek na haar verjaarsdag by haar suster en haar familie gekuier. My neef was ook daar, en net 'n paar dae na die saam kuier, kry ek toe sowaar van my neef self 'n e-pos. Hy se toe dat my ma verskrilik na ons verlang, en dat hy nou gaan kyk of hy vir haar 'n kaartjie kan kry. En sowaar, hy het dit gedoen. Ek kry gister van hom 'n e-pos, met haar elektroniese kaartjie. Sy vlieg die 7e September uit Suid-Afrika en sy vlieg weer die 2de Desember terug huis toe. Vir 3 maande kom sy kuier!!!! Dit gaan heerlik wees!!!

'n Jaar na ons moes afskeid neem, gaan ons weer mekaar sien.

Ek het nie gedink dat mens nou "voyager miles" vir iemand anders kan gebruik nie, maar dis moontlik. Hy het gaan uitvind en siedaar, haar kaartjie is geboek!!

Dankie neef, ek stuur vir jou 'n speelgoed koala - dis al wat hy vra!!!

4 comments:

sandvlooi'e said...

Ag hoe lekker gevoel is dit nie ne!
Ons moes vandag my male by die lughawe gaan afsien het want ons heerlike kuiertjie is verby- mens kan nie dink hoe gou tyd vlieg as jy dit geniet en gelukkig is nie.
Ons harte is seer en die huis voel sommer leweloos.... en nou het ons klein man om alles tekroon mangelontseking ook.... hoe aaaklig!
Maar ek is sommer bly vir jou part,-en ek kan dink dat jy sommer baie opgewonde is...
lekker week

groetetjies

Sheryl said...

You must be so excited. I miss my mom so much, I wish she would come visit too.

****************************************** said...

Sheryl, I hope your mom will visit soon. Miracles do happen!!

****************************************** said...

sandvlooi'e, ek dink mens is die hele tyd in 'n tweestryd. Ek is so opgewonde om haar weer te sien, en dan dink ek weer hoe erg dit gaan wees om haar weer te moet groet. Die seer van emigrasie!!! Sterkte vir julle, ek hoop julle voel sommer gou beter!

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts