Thursday, 16 July 2009

Abbey Medieval festival 2009

Ons het saam met 2 ander gesinne Saterdag die 11e Julie na die 20ste "anniversary" van die "Abbey Medieval festival" toe gegaan.

Ek weet nie of die 6 seuns (ouderdomme: 5 - 14) of ons manne dit die meeste geniet het nie. Seuns droom mos van swaarde en gevegte en perde waarmee hul die "bad guys" verslaan, so ek dink dit was 'n "great" ervaring vir die manne gewees.

En so 'n fees is nie iets wat mens sommer agter elke bos kan uitskop nie, en ons is baie bly ons het dit bygewoon.




'n Voorstelling van 'n "gypsey" gemeenskap:


Die sigeunerin dans vir my:



Ek het die meeste van die "gypsies" gehou.


'n Kryger maak reg vir die geveg




Die dansende groep vroue het dit verskriklik geniet. En die vroue hier onder het musiek gemaak en gesing.


Nog 'n voorstelling van 'n "community"



Moenie die wyn vergeet nie!!!!

Hierdie koddige outjie het op 'n leer balanseer en nonsens gepraat. Het my laat dink aan "speakers corner" in London.



3 comments:

sandvlooi'e said...

sowaar lyk dit na iets anders!
Dit is lekker as mens so bietjie kan uitkom en mens self geniet en boonop ietsie anders as die ou gewone kan bywoon.

lekker naweek

sandvlooi'e said...

hi daar! Ek het jou getag... as jy aan sulke dinge deelneem

lekker dag

sandvlooi'e said...

Hi daar.
O, al wat jy moet doen is om iets op papier te skryf en dan 'n foto daarvan te neem en dit te blog.

Daar was 'n yahoo artiekel wat reken mens kan iemand se karakter bepaal as jy na sy handskrif kyk , die grote daarvan,- die manier hoe hy/sy sy letters vorm soos bv;- as jy dit rond maak se jou 'e' danis jy 'n oop mens vir avontuur en sulke dinge en as jou 'e' toe of klien is is jy ingetrokke. en al sulke dinge, nie dat ek dink dit regtig in die kol is nie, maar dit is seker maar net 'n ruglyn...

Maar net as jy wil- daar kom van tyd tot tyd sulke tags dan tag die bloggers mekaar om sulke spelietjies te speel..... soms neem ek deel ander kere nie...

hoe kom daardie huiskoop van julle aan?

lekker week.

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts