Kyk, hierdie Fouche's laat nie gras onder hul voete groei nie. Ons PR is skaars 2 dae oud, en die "stickers" in ons paspoorte se gom "bond" nog met die bladsye, toe koop ons al 'n huis.
Ek en Leon het die hele tyd gese dat al wat ons nou nog kort is 'n huis, en dis eerste wat ons gaan doen as daardie PR in ons paspoorte is.
Ek hou nou al baie lank die internet dop, en "realestate" is die website waar ek baie ure deurgebring het die afgelope 9 maande. Mens moet darem weet wat in die mark aangaan!!
6 Dae terug sien ek 'n huis wat ek dink nogal in ons smaak (en veral ons sak!) sal pas. Ek wys vir Leon en hy bel die agent en reel dat ek Vrydagmiddag na die huis gaan kyk. As ek daarvan hou, dan sal hy ook gaan kyk. Toe ek Vrydag deur die huis geloop het, sms ek vir Leon en se dat ek dink dis ons huis die. Ek reel sommer dat hy Saterdag 10 uur na die huis gaan kyk, en hy raak toe ook opgewonde toe hy daar instap.
Saterdag terwyl ons by die Medieval festival rondloop, kou en herkou ons aan die huis. Moet ons, moet ons nie?? Ek sien al die dinge in my gedagtes waarvan ek nie hou nie, dan weer al die goeies. Saterdag toe ons gaan slaap besluit ons altwee dat die huis nie vir ons is nie. En Sondag toe ons opstaan en vir mekaar kyk, toe se ons so gelyk: "ons koop!!"
Vandag het Leon die papierwerk gedoen en 'n offer ingesit, en ons het nou net gehoor die eienaar het aanvaar. Die huis is ons s'n.
Hoera!!!! Hierdie is 'n week waarin dinge gebeur!!!
En hier is 'n foto van die huis. O ja, voor ek vergeet, ek het nie genoem dat die huis agter grens aan die "wetlands" nie. So ons gaan nie meer laataand na dronk bure se "parties" hoef te luister nie, ons gaan net die goggas en voeltjies hoor! Dis nou iets om na uit te sien!!!


2 comments:
Baie geluk met die besluit. Dit lyk na 'n baie oulike en mooi huisie.
Ek se net in die week vir my ma ek kan nie wag om weer in my eie plek te bly nie, want dan kan mens verf en kap en uitkap soos jy wil. En dit is net soveel beter om jou eie plekkie te kan he.
ons kyk uit na die groot trek in jul nuwe plekkie!
Wat 'n goeie kopie! wow! Julle verdien dit, hoor! Ek wil eerste kom tee drink!! :)
Post a Comment