Sunday, 2 August 2009

"Bribie Island" en die "sandman"

Leon se groot droom was nog altyd om op die strand met ons 4x4 te gaan ry. Ons RAV4 is maar 'n "soft" 4x4, so ons moet maar mooi versigtig ry. Ons en 2 vriende het besluit om die dag op "Bribie" te gaan rondry, en om sommer te gaan piekniek hou op die strand.



























Tot hier het die dag goed verloop, en dit was 'n heerlike warm dag gewees, en die windjie het skaars gewaai. Regte somer, so anders vir ons wat gewoond is aan die Gautengse winter.
Ek was sprakeloos na ons volgende ondervinding. Maar een van ons vriende, Kobus (die rooi Jeep op die eerste foto behoort aan hom), het agter ons gery en hier is sy opsomming van die dag se gebeure. Hy het dit vir al ons ander vriende gemail wat nie 'n passie het vir sand nie:

Ek wil net weereens my hoed afhaal vir Leon wat gister op Bribie nuwe betekenis aan die woord ‘sandmaster’ verleen het.

Die dag het het heel rustig begin met ‘n gemaklike rit op die strand tot by die noordelike punt van Bribie (amper in Coulandra) en ‘n nog rustiger piekniek langs die see.

Dit was eers toe Arno (met sy Landcruiser) op pad terug besluit het om die bord wat lees “ 22km LOOSE SAND” te ignoreer en ons binneland lang terug te vat, dat ek my bedenkinge begin kry het.

Dit het ook sommer gou duidelik geword dat die Aussies nie sonder rede sulke waarskuwings op borde plaas nie. Ek was maar te bly om heel agter te ry (stof en al) sodat Leon (met sy RAV) die middelmannetjie vir my so bietjie laer kon maak.

Dit was soms te snaaks om te sien hoe Leon uit die diep spore van al al die groter 4x4’s probeer klim (sonder welslae) maar selfs ek was nie op daardie stadium in die toestand om te lag nie.
Leon, jy het nou wel 2kg (sweet) verloor en die RAV 20kg (sand) opgetel, maar ek moet erken jy (en die RAV) mag maar. O ja, ek het, na ‘n groot wassery, amper al die stokke en sand uit die JEEP se enjin en onderstel.

Dankie Kobus, beter kon ek dit nie self beskryf nie. En hier is die resultaat:




4 comments:

sandvlooi'e said...

Ai dit lyk na 'n lekker uitstappie vol avontuur.
Ja hierdie sand of in ons geval duine ry ding is 'n ander ondervinding. Ons het vir ons 'n Pajero gekoop om mee te gaan speel maar nadat vriende van ons vas geval het en vir 10ure gesukkel het om uit te kom het ons maar besluit dat dit nie deel van ons pret beskrywing is nie.
-Ons sal maar vir die winter wag en saam met die pro gaan ry. (lol):-)

Terloops wat is Kobus se van. Want ek het 'n neefie Kobus wat ook daar by julle rond bly.

Mirna said...

Ai Leon! LOL! ... bly julle het dit geniet! :)

SA Expats said...

Lol! Ek hehet al gesien dat die RAV baie mense verras hier in die duine in die VAE! Ek sal nou nie duin 7 in Namibie met hom uitry nie maar dit is 'n oulike karretjie.

****************************************** said...

Ja-nee, SA Expats, dis beslis nie 'n 4x4 wat jou in die skande steek nie. lol

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts