Saturday, 22 August 2009

Waldo se droom is bewaarheid

Waldo is gek oor Lego. Koop vir hom 'n stel en hy is gelukkig!!! Baie gelukkig!!

Hy het bakke vol Lego, en speel dae lank daarmee. Wanneer hy die bakke uithaal en op die mat gaan sit, weet ons dat hy vir dae gaan besig wees. Hy bou en bou, en kort-kort moet ons oeee!!! en aaa!! oor alles wat hy gebou het. En natuurlik staan al sy skeppings die hele kamermat vol. Ek kan nerens loop sonder om oor iets te val nie.

Vandat ons begin navorsing doen het oor skole in Australie, en uitgevind het dat die hoerskole "robotics" as vak aanbied, was hy in die 7de hemel. Dis sy droom wat waar word. Vandat hy klein is vertel hy al dat hy eendag wil robotte ontwerp.

Ongelukkig word dit net in die hoerskole aangebied. Groot was sy teleurstelling. Maar groot die opgewondenheid toe hy met 'n briefie huis toe kom wat se dat hy kan aansluit by die "robotics club" by die skool. Hulle oefen elke Dinsdag oggend voor skool.

Hier hou hy sy groep se robot vas voor hul eerste kompetisie. Hulle het 10de gekom, en ek dink dis baie goed vir gr. 5 seuntjies wat vir die eerste keer 'n robot moes bou en programmeer om op musiek te dans.

Hier is die robot met die "props". Hul tema was "bionicles" gewees vir die kompetisie. Regs staan die "bionicle".

Elke groep het 'n "laptop" gekry om die programering te doen. Hulle moes binne 'n blok van 1 x 1m 'n dans uitwerk en die robot mag nie by die blok uitgaan nie. Op strategiese plekke het hulle die "bionicles" gesit, en die robot het so ewe om hulle beweeg en sy danspassies uitgevoer.
Nou maak hy reg vir die groot kompetisie volgende naweek by "Queensland University".


No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts