Sunday, 8 January 2012

'n Bietjie nostalgie

So aan die begin van die Nuwe Jaar, het ek weer teruggekyk na al ons fotos.  Ek het 'n iPad app gebruik om 'n paar fotos van ons eerste dae in Oz bymekaar te sit.
          



As ek kyk na die seunsgesiggies, kan ek sien hoe die seuns manne geword het in Ozland.  Ai, waar stap die tyd heen??

Hierdie is 'n goeie jaar vir ons .... ons kan uiteindelik teen die einde van die jaar "citizens" word van Ozland.  Iets om na uit te sien, en die laaste tiek op ons lysie van dinge wat nog gedoen moet word.  Amper daar .... kan nie glo dat ons amper 4 jaar hier is nie.  Ons het so baie om voor dankbaar te wees!!

6 comments:

Anonymous said...

Hi, baie dankie vir 'n heerlike lekker-lees blog. Ek het dit vreeslik geniet om jou blog van voor tot hierdie laaste inskrywing te lees. Net jammer die inskrywings word al hoe minder. Lekker dag, groete Chantel

Ani said...

Hi Chantal, ek is bly dat jy my blog geniet het. Dankie vir jou "comment"!
Ek probeer hard om gereeld te blog, maar vandat ek voltyds begin werk het, is die tyd maar min vir my stokperdjie.
Lekker week vir jou! Anilo

Mariette. said...

het my eerst comment deur gegaan? ai eks nou heel deurmekaar....

Ani said...

Hi Mariette, nee, niks gekry nie, slegs die een hierbo.

Mariette. said...

Hey Ani!

Shoe ek kan nie glo die tyd het so gevlieg nie, voel net soos nou die dag toe jy vir ons vertel het hoe jul deur die stappe gegaan het van PR nou is jul al op jul laaste goal en dit is citizenship. Wow so op gewonde vir julle.

Ons het ons PR die 15de Des gekry, so ons wag nou net vir 'n offer of werkie van aus af dan kan ons ook gaan en ons tyd uitsit tot ons ons citizens kan kry.... whooo whoo.

Lekker week vir julle!

Ani said...

Hi Mariette, baie geluk met jul PR!!! Ek hou duim vas dat julle sommer gou 'n werksaanbod sal kry. Watter tipe werk soek julle? Ek kan dalk help van die kant af.
Geniet julle week!!

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts