Wednesday, 14 March 2012

My lewe as onderwyseres in Oz

Hierdie prentjie het ek op FB gekry, en dit is so van toepassing op my lewe ...


Ek het as kleuter al geweet wat ek eendag wil word:  onderwyseres.  Ja, ek weet, dit klink maar “boaring”, maar dit was my lewensdroom.  Om ander te help, en veral kinders.  Dit was nog altyd my passie gewees.

Ons is nou al 3 ½ jaar in Australie, en steeds “struggle” ek om my passie te kan uitleef ..... die rede ... hier is nie vir my ‘n permanente pos nie.  Ek het in Julie 2009 begin werk as onderwyseres, die oomblik toe QLD se onderwysers kollege besluit het dat my SA kwalifikasie die ware Jakob is.  En ek het 7 maande gewag terwyl hul hul besluit geneem het!!! 

Ek het begin werk as “relief teacher”, want dinge werk hier anders as in SA.  Jy kry nie ‘n permanente pos by ‘n skool nie, jy kry ‘n pos by die onderwys department, en hul stuur jou na ‘n skool waar hul jou nodig het.  En natuurlik kan hul jou elke 4 jaar “transfer” na ‘n ander skool, waar hul iemand nodig kry.  So selfs as jy ‘n permanente pos het, is jy nie verseker jy is vir altyd by dieselfde skool nie.  Jy kan ook vra vir ‘n oorplasing na ‘n ander skool, en hul besluit of dit wel gaan gebeur.  Baie keer gebeur dit nie!!

As jy nie gelukkig is om ‘n permanente pos te kry nie, dan kan jy dalk ‘n kontrak kry, enige iets van 1 week tot ‘n jaar by dieselfde skool.  Dit gee jou bietjie stabiliteit en jy voel darem of jy iewers hoort. En as jy nie ‘n kontrak kry nie, kan jy begin met “relief”. 

 Dit beteken dat jy elke dag gebel word, enige tyd van 6 uur in die oggend af, en na enige skool gestuur kan word in die area wat jy gespesifiseer het.  En dit is moeilik!!!  Dit is soos om elke dag by ‘n ander werk in te stap.  Jy ken nie die skool nie, weet nie eers waar die kantoor is as jy daar aankom nie.  Dan word jy ‘n kaart van die skool en ‘n rooster in die hand gestop, en daar gaan jy, op jou eie aangewese om vir die dag die kinders aan die werk te hou.  Party onderwysers los duidelike instruksies en werk wat gedoen moet word, ander doen nie moeite nie .......

Dan begin jou gesoek na sleutels om net by die klas te kan inkom.  En glo my, die personeel is glad nie hulpvaardig nie.  Hoekom sal hul uit hul pad gaan om iemand te help wat hul dalk nooit weer sien nie?

Jy stap by ‘n klas in waar jy niemand ken nie, en die kinders ken jou nie.  As jy jou mond oopmaak om te groet, begin die giggles iewers in die klas .... want jy praat snaaks!!!  In die begin het ek dit geignoreer, maar na ‘n paar maande was dit nie meer vir my snaaks nie.  Elke dag is ‘n oorlewingstryd en al wat jy doen is “behaviour control”.  Juffrou is nie daar nie en hoekom sal die kinders vir ‘n vreemde juffrou luister, sy ken nie eers die skool se “behaviour” program nie, weet nie eers wat om te doen met ‘n stout kind nie.  Jy ken nie eers die onderwysers se name nie, so jy kan hul met niemand dreig nie!!  En in Oz werk dinge anders, jy mag nie eers aan 'n kind raak nie, so jy is te bang jy raak per ongeluk aan iemand.  En jy mag nie eers skreeu nie, dan is jy in die moeilikheid, so geen van die tegnieke wat ek in SA gebruik het, werk hier nie!!  En om in Engels te raas en baklei, kom nie so maklik soos in Afrikaans nie!!!!(My bynaam in SA was "die heks" want ek was kwaai en het nie nonsens geduld nie .... hier is jou hande afgekap, jy mag niks doen nie!!)

Na ‘n paar maande bid jy amper dat hul jou nie meer sal bel nie.  Teen hierdie tyd begin jy darem al so paar skole se uitleg ken, maar elke keer werk jy met ander klasse en kinders, so jy leer niemand ken nie, en die personeel is steeds nie behulpsaam nie.  Party groet jou darem as jy verbyloop, ander ignoreer jou en antwoord nie eers jou groet nie, kyk net verby jou en hoop jy wil nie ‘n gesprek aanknoop nie.  Om van die knorrige ontvangsdames nie te praat nie.  Hul moet elke oggend dieselfde storie herhaal aan nuwe juffrouens, so na jare is dit ook nou nie meer vir hulle snaaks nie.  Party se houding grens aan pure ongeskiktheid.  En so begin jy jou oggend .....  jy voel ontuis voor die klok nog gelui het.

Verlede jaar raak ek toe uiteindelik gelukkig, ...... net so voor moedverloor se kant.  Ek kry ‘n pos van Maart tot Desember, en wat ‘n seen!! Ek leer die kinders ken, ek ken hul name, ek het my eie klas en kan weer plakkate opsit en leers maak met werk en voorbereiding.  Ek voel weer asof ek behoort, asof ek ‘n plekkie het wat myne is.  Ek raak lief vir die kinders  en leer die ouers ken, merk toetse en voel weer soos ‘n ware juffrou!

Hierdie jaar is die skool se getalle af, en ek het weer nie ‘n werk nie.  Ek bel die streekskantore, los my naam, maar daar is nie nou kontrak poste beskikbaar nie.  Werk so nou en dan vir 2 weke op ‘n kontrak, maar kom niks verder nie.  Alles bly lee beloftes.  Vir relief sien ek nie kans nie, en dankie tog, daar is nie oproepe in die oggend vir werk nie.  Soos wat ek voel, sal ek nie eers deur die eerste halfuur kom as ek by ‘n nuwe skool moet instap nie. 

En die ergste van alles ..... die vlees en gees is gewillig, maar daar is nie vir my ‘n pos nie!!!!

En al wat ek kan doen is bid en glo en vertrou dat die Here weer vir my op die regte tyd die regte werk sal gee.  Hoekom ek so sukkel, verstaan ek nie, maar ek weet ook dat die Here moeilikhede oor ons pad bring, en dat ons sterker sal wees daarna. 

My onderwy spaadjie hier in Oz was nog net met dorings besaai!!  Waarheen sal die pad my lei?

No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts