Wow, vandag is ons 5 jaar in Australie!! Wat 'n fantastiese 5 jaar was dit nie vir ons nie!!!
Gewoonlik tel ek die dae af na ons "anniversary" toe, maar vandag het stadig verbygegaan, sonder dat ek eers daaraan gedink het. En toe ek my blog oopmaak en my "counter" sien, toe besef ek dis vandag 5 jaar. Dit beteken net een ding - ons is nou al so ingesettle in ons nuwe lewe, dat ons nie eers meer tyd hou van alles nie.
5 jaar gelede het ons van die vliegtuig afgeklim, vreemd, benoud, vol afwagting, opgewonde, en hartseer, alles in een. Ons het nie een geweet wat vir ons voorle nie.
Maar vandag kan ons terug kyk op 5 jaar en weet dat ons die regte ding gedoen het, vir ons en ons kinders. Dit voel asof ons maar nog altyd in Australie gebly het. Verlede week het ons na 'n konsert van Laurika Rauch in Brisbane gaan kyk, en met heimwee het haar musiek ons terug gevat na 'n land en tyd wat vandag net in ons herinneringe is. 3 Weke gelde het ons die eerste Afrikaanse fliek wat in Australie gewys het in 'n Ozzie teater gaan kyk. Wow!! Fantasties, en ons het dit oneindig geniet. En na die tyd met baie heimwee en hartseer besef dat ons soveel moes opgee om vir onsself en ons kinders 'n beter toekoms te verseker.
Ons jongste het pas 15 geword! Ons het SA verlaat net na sy 10de verjaarsdag. Ons oudste het pas sy aansoek voltooi vir volgende jaar vir universiteit. Hy was 13 toe ons hier aankom het, en een van die dae word hy al 19. Ons 2 seuns het manne geword in die 5 jaar, en stadig maar seker 'n Ozzie aksent gekry. Ons praat Afrikaans by die huis, en sal altyd, want ons is lief vir ons taal. Dinge sal verander wanneer ons seuns die dag met ozzie meisies trou, maar hul is vol vertroue dat hul eendag met hul kinders gaan Afrikaans praat.
Ons lewe is vol en gelukkig, ons het elkeen 'n nuwe lewe vir onsself gemaak, en ons is gelukkig en tevrede. Wat meer kan ons vra?
Ons besef elke dag hoe bevoorreg ons is om in so 'n fantastiese land te kan lewe.
Our Family made the "groot trek" to a new country. This is our new life ....
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
3 Day lockdown
We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm. Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...
Popular Posts
-
We love the Sunshine Coast. Beautiful beaches, amazing views and there is always a buzzzzz! This is as close to paradise as you can get. ...
-
My broer, Martin, het vir my 'n e-mail gestuur met fotos van hoe die paaie om die OR Tambo lughawe lyk, versier met vlae. Dit lyk beslis...
No comments:
Post a Comment