Tuesday, 8 October 2013

Ons besluit om huis te bou in ons nuwe land

Ons het ons eerste huis gekoop, slegs 2 maande nadat ons
"Permanent Residents" geword het.  Ons wou graag bou,
maar finansieel was dit nie moontlik nie.  In 2009 was dit
goedkoper om huis te koop as om te bou, en ons het besluit
ons volg die goedkoper uitweg.

 MAAR ... grond in Ozland is ongelooflik duur, hier betaal
jy vir 'n klein huisie dieselfde prys wat jy in RSA vir 'n
"mansion" betaal.  Dis skrikwekkend om terug te werk
na Rande, en daarom word daar in Ozland gese dat elke
Australier se droom is om 'n huis te besit.  Omdat jy ook
 'n 20 % deposito moet neersit, is dit nie almal wat in hul
 eie huis kan besit nie.  Maar genadiglik het ons ons huis
in RSA verkoop voordat ons na Ozland toe gekom het,
en ons kon daardie geld gebruik as deposito om 'n huis te
koop.

So het ons ons eerste huis gekoop, en nou, 4 jaar later het
 ons besluit om ons eie huis te bou.  Ons het 'n karavaan
gekoop, en besluit dat ons $150 'n maand kan spaar aan
"storage", en ons nuwe huis te ontwerp sodat ons karavaan
in ons eie erf kan staan.  So het ons begin soek na 'n
 geskikte erf, en toevallig op hierdie een afgekom,
skaars 1 km soos die kraai vlieg van ons huidige huis af.

Hier volg 'n "timeline":

Dag 1:  "Site cut"  (Erf word geskraap)
Dag 2:  Piers word gegrawe
Dag 3:  Piers word gevul met sement
Dag 4:  Pype word gele
Dag 5:  Hout gepak as raam om die fondasie

Dag 3:  Hier is ons erf geskraap, en diep gate is
 gegrawe (Piers) .  Voordat jy die erf koop, word
daar eers 'n "soil test" gedoen.  Die bevinding op
ons erf was dat daar onder die grond baie
plantmateriaal is, bome wat net bogronds afgekap
 is en die wortels is net so gelos, en dit kan
 veroorsaak dat jou fondasie kraak.  Om dit te voorkom,
word daar piers gegrawe, en hoe diep dit is, kan ek jou
nie se nie.  Hier is die eerste fotos, waar die "piers"met
sement gevul word.  Daar is altesaam 17 wat moes gevul
word.


Dag 4:  Die pype is gele vir die badkamers, kombuis
en waskamer.  In die agtergrond is 'n "massive" huis
gebou, en toevallig vind ons uit dat die huis aan
oud- Suid-Afrikaners behoort.  Hoe toevallig ...
koop 'n erf in Ozland, en jou bure is Suid-Afrikaners!!


Links sien jy 'n fondasie gegrawe, dit is die muur van
die garage wat op die boulyn gegrawe is.  Omdat dit op
die boulyn is, moet dit 'n dubbelmuur wees, en dis die
 enigste plek waar daar 'n fondasie onder die grond
 gegooi is ... met ekstra staalwerk.  (soos die foto bo
kan jy sien dat buurman se garage ook op die boulyn
gebou is)


Hier le die polystyreen, afgelwer vir die fondasie.


Dag 5:  Planke word op die buitekant van die fondasie
gepak, reg om die volgende dag die boks te bou om die
polystyreen.

No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts