Monday, 14 October 2013

Die fondasie word gele

Dag 6:  Vandag word die polystyrene gepak, en die
staalwerk gedoen.  Laat middag het ek gaan kyk na
die werk vir die dag, en 'n ingenieur het opgedaag en
 inspeksie gehou.  Hy het bo op die staalwerk gestap,
op en af gespring en na 'n halfuur of meer vir my gese
dat alles perfek gedoen is en die bouers kry die "stamp
 of approval" om voort te gaan met die bouwerk.

Hier agter is die patio.



Vanaf die garage geneem.

Van vooraf afgeneem.

Van die buurman se muur af.  Daar moet 1.5m tussen
 ons en buurman wees.  Erwe is klein en duur, so jy moet
elke spasie benut.  Ons het dit deeglik gedoen.  Jy moet
 6m van agter jou huis tot teen die grensdraad he, en so
 paar meter voor jou huis.  Die bonus van hierdie nuwe
huis is dat ons uitkyk op die golfbaan, en wanneer ons
op die patio sit, is ons privaat, en kan ons luister na die
 voelgesang elke dag.  Ons is wel naby ons bure, maar
 ons leefarea het 'n uitsig!!


Dag 7:  Uiteindelik, fondasie gele, en ons kan ons drome
op papier sien waar word voor ons oe.


Van agter die huis af geneem.  Hier agter le die patio.
  Regs sien jy uitgesnyde deel, dit is waar die
 karavaan gaan staan, ons gaan agter die garage
 ook 'n deur he, en die karavaan word deur die
garage gestoot in sy veilige stoorplek.


Nou wag ons vir die "frame" om gedoen te word.
 Alle huise is van hout gemaak, en dit vat slegs 2 dae,
dan is die "frame" voltooi.  Die 1ste November is die
 groot dag, en ons wag geduldig vir die groot dag.
Nie meer lank nie .....

No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts