Dag 7: Huis raamwerk voltooi!!!
Kan jy dit glo. Presies 7 werksdae en ons huis
se raamwerk is voltooi. 'n Paar dae terug was daar
'n fondasie, vandag staan ons huis se raamwerk.
Vanaand het die "tradies" ("carpenters") opgepak.
Hul werk is nou klaar tot volgende week wanneer
hul die vensters gaan insit.
More neem die dak span oor, en word ons huis se dak
opgesit. Wanneer die dak klaar is, word al die vensters
en deure ingesit, en die huis toegebou met houtpanele.
Groot was ons verbasing toe ons sien die deure, vensters
en skuifdeure is klaar afgelewer vandag.
Hier onder sien jy ons nuwe voordeur:
en die spens se deur ....
Die patio se dak is vandag klaar gedoen, en die agterste
balkon is ook klaar opgesit. Die "scaffolding" gaan nou
reg rondom die huis, gereed vir die "dak manne" om hul
werk te kom doen.
Die "tradie" span besig om op te pak. Slegs 3 manne
het ons huis se raamwerk gebou.
Vensters en skuifdeure wag vir volgende week ....
nog 'n skuifdeur wat wag om ingespit te word.
Hou die spasie dop ... fotos van ons nuwe dak volg ...
No comments:
Post a Comment