Vandag was een van die groot mylpale in ons nuwe huis
se "geboorte". Die dag waarna ons so lank uitgesien
het, het uiteindelijk aangebreek ..... die dak word opgesit
en nou lyk dit al hoe meer na ons droomhuis.
Een ding weet ons ... die dak "tradies" is nie so gemotiveerd
soos wat die "carpenters" was nie. Die "carpenters"
het lang ure gewerk, en deur wind, reen en sonskyn
was hul op hul pos. Die dak ouens is steeds nie klaar
nie. Vrydag moes hul klaarmaak, en met die eerste teken
van reen, toe pak hulle op. 'n Halfuur later toe skyn
die son, en so het hul net 'n kwart dag se werk gedoen.
(Dit het ons nuwe buurman ons laat weet ... hy is
'n ontwikkelaar en hou al die bedrywighede op
ons erf fyn dop!!)
Groot was ons verassing om te sien dat die loodgieter
alreeds begin het met sy werk om die waterpype in te sit.
Hier is die buitemure van die kombuis.
In die middel is die plek vir die wasbak.
Hierdie is ... gits, hoe kan ek nou nie onthou waar
hierdie kraan is nie ....
Die wasmasjien se krane.
Waskamer se wasbak krane kom hier
Hier loop die pype onder die boonste vloer se panele,
op na die tweede vloer se badamers.
No comments:
Post a Comment