Saturday, 2 November 2013

Bietjie wegkom van al die stres ........ Tullebudgera Creek

Terwyl ons nuwe huis vorm aanneem, het ons huidige huis op die mark
verskyn, en ons het die "open home" oorleef.

Weke lank se uitsorteer, ontslae raak van oortollige meubels, wegry,
weggooi en uiteindelik was ons reg vir die groot dag. Natuurlik ook
eers fotos geneem, 'n dag later op die webblad verskyn, en toe die
 "open home". Dankie tog hier in Ozland is dit net
vir 'n halfuur, so vir 'n halfuur het ons met ons katte kinders rondgery
sodat ons huis kon oop wees vir die publiek.

Almal wat al huis verkoop en gebou het, weet deur watse stres en spanning
mens gaan. Dankie tog ons kon hierdie naweek 'n breek kry, en ons kon
saam met die Afrikaanse Klub gaan kamp by Tullebudgera Creek, net
 anderkant die Goue Kus. Rus, vrede, goeie geselskap en 'n ongelooflike
mooi plek waar ons net kon ontspan.

Hier is 'n paar fotos van die omgewing.



Pelikaan op die water.





Die water is so skoon en helder .....






Die volgende foto wys wat anderkant die koppie le



Die Goue Kus in die verte


Die see aan die anderkant van die "creek".

No comments:

3 Day lockdown

We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm.  Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...

Popular Posts