Gister was daar onder 'n huis, en vandag is daar bo nog 'n vloer.
"Amazing"!!!
Volgens die projek bestuurder word die dakkappe more opgesit,
en Maandag word die dak opgesit!!! Gits, kan nie glo hoe
vinnig dinge nou gebeur nie. 'n Week terug was daar net 'n
fondasie, vandag staan die huis. Leon was netnou by die huis
en die "tradies" het hom toegelaat om deur die huis te stap.
Hulle het hom selfs toegelaat om op die boonste verdieping
te gaan stap,en wat 'n verassing toe hy uitstap op ons balkon ...
jy kan die berge sien. Hoe gelukkig kan 'n mens wees!!!
No comments:
Post a Comment