om die raamwerk te doen. Vandag is daar 'n huis met 'n dak!!
Hoe "awesome" is dit nie. Ons het altyd gespot met die papierhuise
van Oz, as die kinders stoei, dan stoei hul sommer 'n gat in die
muur. Hierdie houthuise was ons glad nie gewoond nie!!!
Vandag, na 5 jaar is ons gewoond daaraan, en die kinders weet
mens speel nie in die huis nie, harloop nie en stamp nie
mekaar nie, want dan is daar 'n gat in die muur. Die groot plus is
natuurlik dat jou huis nooit kraak nie.
Maar ten spyte van hierdie ander manier van bou, staan die huise
sterk deur storms, siklone en wat nog alles. Die blad tussen
die 1e en 2de verdieping word nie met sement gedoen soos wat
ons in SA gesien het nie, maar dit word met hout gedoen.
2 Balke met n zig zag patroon staal binne in. Interessant
om al die klaargemaakte panele opgestapel te sien, en te
raai waar dit gebruik gaan word!
Vandag het die "tradies" begin om die "scaffolding" op te sit,
net voor en agter die huis om te help met die dak
balke, maar Maandag gaan dit reg rondom die huis op,
sodat die dak opgesit kan word. Een van die "tradies" wat
vanoggend gehelp het om die 'scaffolding' stukke rond te
dra, het gelyk of jy 15 jaar oud kan wees. Baie jong manne
gaan vroeg uit die skool en word "tradies", veral as dit 'n
familie besigheid is. Hierdie jong outjie was beslis nie meer
lus vir skool nie! Bygese .. hier verdien die "tradies" sakke
vol geld, en dis nie vreemd om 'n dokter te kry met 'n
"tradie" vir 'n buurman nie. En die "tradies" het al die
speelgoed - bote, jetski's, noem maar op!!
Regs voor is die "scaffolding" gebou.
Die garage links se dak is op - skuins, platterige dak,
sodat die kamer bo 'n groot venster kan he.
Die regtekant van die huis, aan buurman se kant.
As jy mooi kyk sien jy die "scaffolding" wat agter
die huis opgesit is.
Weer 'n "view" van die kragboks.
Van die kant gesien, hier kan jy mooi die dak sien wat
vandaag opgesit is. Links is die "scaffolding" en tussen
die "scaffolding" en die dak moet die agterste balkon
gebou word. Dis al wat nog kort ...
Die planke wat jy hier sien le, le op die erf langs ons,
dit is nie ons erf nie. Dankie tog daar is nog niks
gebou nie, anders weet ek nie waar het hul al die
voorraad afgelaai nie.
Van agter af. Regs is die garage, en die spasie voor
die garage is vir die karavaan.
Voor regs bo is 'n klein balkon, en Leon was so gelukkig
dat die "tradies" hom toegelaat het om op te klim, en die
boonste vloer te bekyk. En daar kry hy 'n groot verassing ...
van die voorste balkon af kan ons die berge sien!!!
No comments:
Post a Comment