Die "dry walling" het sommer binne een dag verskyn, en ....... WOW!!!!
Dit lyk soos die huis wat ons in ons gedagtes gesien het. Net soos
ons dit voorgestel het. Hier onder is my kombuis, en die agterste
opening is die deur wat ingaan na die "butchers pantry".
Dit strek van die deur, tot agter die muur aan die linkerkant. Vol
rakke, gaan dit genoeg pakplek he vir alles en nog wat.
Aan die linkerkantste muur voor is die opening vir die
yskas, dan 'n spasie waar die mikrogolf gaan wees, en
'n klein kassei langs dit. Die agterste muur is waar die
stoof gaan wees, en regs is die venster, waaronder die
wasbak en skottelgoed wasser gaan wees. Voor gaan die
toonbank wees was die kombuis afrond as 'n vierkant.
No comments:
Post a Comment