Ten spyte van al die week se reen, het daar darem
iets aangegaan by die huis.
Gister het die son bietjie geskyn, en ons het deur die
modder geploeter om weer die huis te bekyk. Wat
'n verassing ... alles was blinkskoon, die vensters "sparkle"
in die son, weg is al die stof en tekens van bouwerk.
Die dames span wat skoonmaak het deur die week ons huis
skoongemaak, en dit blink soos 'n splinternuwe sikspens.
Die stoof is ook uiteindelik geinstalleer en hier gaan nog
baie gebak en brou word in die toekoms.
Die vloere is gevee, maar het nog nie nader kennis gemaak
met 'n mop nie, so ek dink dit sal heel laaste gedoen word,
wanneer alle werk voltooi is. Hier en daar is nog klein
goedjes wat moet reggemaak word, verf wat moet ge"patch"
word en 'n lig of twee wat in die regte rigting gedraai
moet word.
Hopelik kan ons oor 4 dae die sleutels kry, en dan kan ons
begin trek.
Natuurlik wag manlief se werk vir hom vir volgende
naweek .... 26 "blinds" moet opgesit word!!!
No comments:
Post a Comment