QLD het weer gebuk gegaan onder vreeslike droogtes.
Gedurende die somer was daar weinig reen, en alles wat groen
moet wees, is bruin en dood. En sowaar, noudat Herfs aangebreek
het, het die hemele oop gegaan.
Vrydag die 21ste sou ons "driveway" se sement gegooi word, maar
o wee .... die "electrician" het vergeet om die kabel te le vir die
3-fase krag wat die "aircon" moet aan die gang hou.
Terwyl die "driveway" outjies rondstaan, op 'n pragtige,
sonnige, droee, warm QLD dag, begin die "electrician"
om 'n sloot te grawe vir die kabels wat moet begrawe word onder
die "driveway" en sement om die huis. 'n Uur se werk word 'n 3/4 dag,
en so word ons sement uitgeskuif na Maandag.
Sondag gaan die hemele oop, en kry QLD al die reen wat ons
in die somer verwag het. Die sement kan nie meer gegooi word nie,
en so probeer ons elke dag droog bly in die reen.
Ons "settlement" datum was Maandag, die 31ste, maar dis nou
uitgeskuif na Donderdag, 3 April. En die weervoorspelling dui
aan dat die reen nie gaan ophou voor volgende naweek nie.
Ons hou nou duim vas dat daar wel iewers bietjie son skyn sodat ons
"driveway" die lig kan sien. Ek hou jul op hoogte!!
Our Family made the "groot trek" to a new country. This is our new life ....
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
3 Day lockdown
We couldn't avoid it ....... another lockdown, starting tonight at 6pm. Only 3 days .... Let's keep our fingers crossed that it wil...
Popular Posts
-
My broer, Martin, het vir my 'n e-mail gestuur met fotos van hoe die paaie om die OR Tambo lughawe lyk, versier met vlae. Dit lyk beslis...
-
We love the Sunshine Coast. Beautiful beaches, amazing views and there is always a buzzzzz! This is as close to paradise as you can get. ...
No comments:
Post a Comment