Hoera!! Die son skyn en vandag kon ons "driveway" en
sement om die huis gegooi word. Wat 'n verskil maak dit
nie.
Die gedeelte voor die sitkamer waar ons oudste se motor
kan staan. Regs van die sement kom daar gras en 'n
blombeddingå.
Die karavaan se staanplek ...
Van die kant af gesien, ons Afrikaanse buurman
se motor in die agtergrond, voor sy oprit.
Oor 2 dae kry ons ons sleutels, en dan kan
die "landscaper" inbeweeg en sy "magic" kom
doen sodat ons gras om die huis kan he, 'n
heining tussen ons en die lee erf, en 'n
"wall feature" agter by die patio, sodat ons nie
nodig het om "crash helmets" te dra wanneer
ons buite op ons patio wil sit nie.
No comments:
Post a Comment